top of page
Skuldhulp Logo.png

Skuldhulp | Leiers in skuldberading | Aangedryf deur Debt Rescue

Welkom by Skuldhulp

Skuldhulp.png
 Skuldhulp-ikoon

Ons kontak jou:

SkuldHulp Man On a Pc

Kry skuld jou onder?

Jy is nie alleen nie. 76% van Suid-Afrikaners se fondse is uitgeput voor maandeinde (News 24)

Waarom trek Suid-Afrikaners finansieel swaar?

Korrupsie is op die hoogste vlak in die geskiedenis (Corruption Watch)

Elektrisiteitstariewe het met 653% gestyg vanaf 2007 (PowerOptimal)

Rentekoerse is op die hoogste vlak sederd 2009 (Daily Maverick)

Werkloosheidsyfer (32.9%) is die hoogste ter wêreld (IOL)

Reële salarisse het afgeneem die afgelope 5 jaar (BankservAfrica)

Kos inflasiekoers is die hoogste in 14 jaar (Trading Economics)

67% van die gemiddelde Suid-Afrikaner se salaris word gebruik om skuld af te betaal (Nedbank)

90% van Suid-Afrikaners kan nie genoeg spaar vir aftrede nie (The Citizen)

SkuldHulp Family.png

Is daar uitkoms?

Beslis!

 

Skuldberading bestaan reeds sederd 2007 en het al derduisende mense gehelp om hul skuld af te betaal, op ‘n bekostigbare manier, sonder om hul bates te verloor.

Dit is die beste proses van sy soort in die wêreld en Suid-Afrika is die enigste land waar jou huislening ook onder skuldberading geplaas kan word.

Voordele van skuldberading

  • Onmiddelike verligting van finansiële verknorsing en stres

  • Ons vat jou hand en stap die pad saam met jou

  • Jy kan fokus op wat werklik belangrik is, jouself en jou familie

  • Betaal slegs een maandelikse paaiement ten opsigte van al jou krediteure

  • Jy het genoeg geld vir kos, klere, kruideniersware, skoolgeld, versekering, ens.

  • Krediteure en skuldinvorderaars pla jou nie meer vir betaling nie

  • Niemand kan beslag lê op jou huis, voertuie, en ander bates nie

Wat behels die proses?

Jy -

  • maak kontak met ons en vra enige vrae wat jy mag hê

  • voltooi ‘n aansoekvorm aanlyn, telefonies of deur een af te laai

  • aanvaar ‘n terugbetalingsplan waarmee jy gelukkig is en teken die nodige dokumentasie

Ons -

  • werk vir jou‘n nuwe terugbetalingsplan met verlaagte paaiemente en rentekoerse uit wat jy kan bekostig

  • lig jou krediteure in dat ons jou verteenwoordig en voorsien hulle met jou nuwe terugbetalingsplan

  • maak jou nuwe terugbetalingsplan ‘n hofbevel, sodat ons jou optimaal kan beskerm

Jy geniet onmiddelik ons beskerming en begin onmiddelik slegs een bekostigbare paaiement te betaal tov al jou krediteure.

Waarom Skuldhulp?

Skuldhulp word aangedryf deur Debt Rescue, die mees betroubare en suksesvolle skuldberadingsmaatskappy in Suid-Afrika.

Debt Rescue se ervare span behartig al die prosesse in die agtergrond, terwyl jy deurgaans diens geniet in jou moedertaal, deur mede Afrikaners.

Die ervaring en verhoudinge met kredietverkaffers wat Debt Rescue oor die afgelope 16 jaar opgebou het, is van onskatbare waarde.

Wat sê ons kliënte?

Stephen Janse van Rensburg
Kempton Park, Gauteng

Om die spanning wat finansiële probleme meebring te hanteer, is baie moeilik vir die meeste om te verstaan, maar Marlize van Wyk is iemand met wie jy oop en eerlik kan wees. Sy toon begrip en empatie en dit is 'n plesier om met haar te werk.

Tia Jacobs
Elsies Rivier, Western Cape

Uitsonderlike diens. Alle konsultante is hoogs professioneel. Die beste skuldberadingsmaatskappy in Suid-Afrika.

Gail Bedja
Pietermaritzburg, Kwazulu Natal

Ek wil Memory Oosthuizen bedank vir die uitstekende diens wat sy gelewer het. Ek was oorweldig tydens my aansoek, maar haar professionele en behulpsame bystand het soveel vreugde en verligting gebring.

cjg.png
Teken op by Skuldhulp en ontvang ñ gratis Galaxy Slimfoon!
Samsung Galaxy Logo

Toekomstige Gebeurtenisse

Skuldhulp het wonderlike gebeurtenisse wat gedurende die jaar gaan plaasvind. Ons eerste groot kuier gaan wees by,  Steve doen Steve! Hierdie heerlike feestelike naweek van musiek is by die Voortrekker Monument Amfiteater op 27 en 28 April! Jy kan selfs Golden Circle-kaartjies wen!
Hou ons bladsy dop vir nog vele meer, of tik jou inligting hier onder in om in kennis gestel te word van ons nuutste geleenthede  waarvan jy deel kan wees.

Steve Doen Steve

Teken in en bly op hoogte

Dankie vir die indiening!

Kontak Skuldhulp

Gesels met ons via WhatsApp

Vul die kontakvorm in

of

Skuldhulp WhatsApp Kontaknommer
bottom of page